
- 200 g - spekstukkies, gebraai
- 3 ml - bruinsuiker
- - vars tiemie
- 15 ml - gerookte paprika
- - KAPOK
- 4 - varklendetjops met die vel en been
- 125 ml - room of melk
- 5 ml - elk koljander- en komynsaad
- 5 ml - seesoutvlokkies
- 1 - blomkool, in stukke gesny en gekook
- 30 ml - botter
1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Sit die speserye en kruie in ’n vysel en stamp fyn om ’n geurige invryfmengsel te maak.
2. Druk die varktjops droog met kombuis- papier en maak insnydings sowat 1,5 cm uit mekaar in die vel om te keer dat die tjops te veel omkrul terwyl jy dit gaarmaak. Gebruik ’n skerp mes hiervoor.
3. Vryf die tjops in met die speserye. Pak die blomkool op ’n bakplaat uit en stip met die botter.
4. Verhit ’n braaipan tot mediumwarm en braai die tjops velkant eerste tot die vel begin bros raak. Braai dan vinnig aan weerskante om die vleis te verseël sonder dat die speserye brand. Gooi ’n bietjie olie by indien nodig. Sit die pan met tjops en al, asook die bakplaat met die blomkool, nog 10 minute in die oond. Anders kan jy die tjops op ’n draadrak bo die blomkool sit en saam bak sodat die vleissap op die blomkool drup vir ekstra geur.
5. Maak die kapok Verwerk die gaar blomkool, die helfte van die spekstukkies, en die room saam vir ’n tekstuurryke kapok; geur met sout en peper na smaak. Om voor te sit, rangskik die tjops op die kapok en sprinkel die orige spekstukkies bo-oor. Sit voor met geroosterde beet en rooi uie.
Maak seker die tjops se vel is goed droog sodat dit lekker bros braai.