Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
1. Kook die pasta in soutwater tot net al dente – onthou, dit gaan nog oond toe! Braai die preie in die botter tot glansend. Roer die meel by, gevolg deur die melk. Klits aanhoudend om te keer dat klonte vorm. Geur dit met sout, peper en neutmuskaat, en laat dit effens afkoel. Roer die ham en cheddar by en meng dit deur die pasta.
2. Skep die mengsel in ’n oondvaste bak, strooi die parmesaan en broodkrummels oor, en bak vir 20–30 minute of tot goudbruin en deurwarm. Sit voor met geroosterde tamaties vir ekstra lekkerte.