Peri-peri-hoender

akkreditasie
Wanneer jy die hoender braai, gebruik ’n braaitang vir die draaislag en nie ’n vurk nie; ’n vurk steek gate in die vleis, wat vleissappe verlore laat gaan.

Genoeg vir: 4 porsies

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 45–60 minute

  • 1 heel hoender, sowat 1,3 kg, oopgevlek 
  • 200 g botter by kamertemperatuur
  • 3 vars rooi brandrissies, ontpit en gekap
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml paprika
  • sout en swartpeper

1 Maak die vel van die gevlekte hoender los deur dit liggies met jou vingers van die vleis af te lig; dis veral maklik oor die borsgedeelte, maar jy kan dit ook oor die boudjies gedeeltelik loskry.

2 Meng die botter, brandrissies, olyfolie, suurlemoensap, knoffel en paprika tot smeerbaar en druk die peri-peri-botter oral onder die vel in. Geur die hoender aan die buitekant ook met die peri-peri-botter, sout en swartpeper.

3 Sit die hoender met die velkant na bo in die braaiketel. Sit die deksel op en rooster dit vir sowat 45 minute of tot gaar en goudbruin.

Wenk ’n Braaiketel verleen ’n aantreklike kleur en geur aan hoender.

So maak jy ’n ronde hoender plat
Sny die hoender weerskante van die rugbeen oop met ’n kombuisskêr en verwyder die been. Plaas die oopgesnyde hoender met die velkant na bo op jou werkoppervlak en druk die hoender met jou handpalm plat. Steek twee sosatiestokkies oorkruis deur die gevlekte hoender om te verseker dat die hoender sy vorm behou.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees