
- 1 kg - steurgarnale, derm verwyder maar dop aan
- - SOUS
- 5 - knoffelhuisies, fyngekap
- 125 ml - botter
- 250 ml - van jou gunsteling- peri-peri-sous – ons het Food Lover’s Creamy Peri Peri Sauce gebruik
- 250 ml - room
- 60 ml - gekapte koljander
1 Ryg die steurgarnale op 6 stokkies – dit maak die gaarmaak en voorsit baie makliker.
2 Maak die sous Braai die knoffel stadig in die botter vir ’n halfminuut. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot effens verdik. Hou eenkant.
3 Braai nou die steurgarnale oor matige kole of in ’n riffelpan tot net-net gaar en blosend pienk. Bedruip mildelik met die sous en sit voor met gestoomde rys, suurlemoenwiggies en vars Portugese broodrolletjies.