Deel

Piesang-en-Tin Roof-melkskommel

akkreditasie
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: Geen
Bestanddele
  • 1-2 - groot, pasryp piesangs
  • 1 liter - Tin Roof-roomys*
  • 5 ml - fyn kaneel
  • 250 ml - melk
  • 25 ml - gouestroop (opsioneel)
  • - sjokolade-spuitroom
  • 10 ml - kleurstrooisel
Metode
’n Allemintige Piesang-Chai-melkskommel by Diesel & Crème op Barrydale was die inspirasie vir dié resep. Stop gerus daar as jy met Roete 62 langs ry.

Skil en kap die piesangs in growwe stukke en sit dit in ’n bekerversapper. Voeg die roomys en kaneel by en verdun dan geleidelik met die melk; laat die motor loop tot die melkskommel net reg is. Proe en voeg nog piesang en/of roomys na smaak by. Spuit die gouestroop rondom die binnekant van twee groot glas flesse (dis net vir die lekker en kan uitgelaat word as die skommel vir jou klaar soet genoeg is).

Giet die melkskommel daarin en spuit dan ’n allemintige roos sjokoladeroom bo-op. Sprinkel kleurstrooisel oor en druk ’n dik strooitjie in die skommel.

Drink dié verleiding saam met ’n geliefde en moenie dink aan die kilojoules nie!

* Tin Roof is die noemnaam van vanieljeroomys waar- deur sjokolade-en-fudge-sous en neute gemeng is. 

Jongste uitgawe

Julie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees