1. Roer al die sousbestanddele saam in ’n klein kastrol, bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute of tot effens verdik. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
2. Sny diep kepe deur die vel tot op die been van die hoenderboudjies en -borsies. Giet die marinade oor sodat dit die vleis oraloor bereik, ook in al die kepe en onder die vel. Bedek en marineer oornag in die yskas.
3. Voorverhit die oond en maak seker die hoender bereik kamertemperatuur. Sit die hoender met die borskant na onder in die sous in ’n oondskottel, bedek en bak vir 30 minute. Draai die hoender versigtig om, bedruip met die sous en bak oop vir nog 30 minute of tot mooi goudbruin oraloor en gaar. Jy kan die hoender vir die laaste 5 minute rooster as jy wil. Wenk Die gemarineerde hoender is ook vorentoe oor die kole gaargemaak, veral in ’n braaiketel.