1 Verhit die botter en olyfolie saam in ’n middelslag-kastrol en soteer die ui, wortel en seldery daarin tot sag en glansend. Die wortel moet deurgaar wees, daarom niks minder as 10 minute nie.
2 Voeg die rys by en roer dit deur tot oraloor met olie bedek. Voeg die witwyn by die rys en kook tot amper al die wyn weggekook het.
3 Roer nou die aftreksel soplepel vir soplepel by die rys en roer telkens totdat die rys alles geabsorbeer het (altesaam sowat 25 minute). Roer die geweekte saffraan saam met die laaste skeppie aftreksel by sodra die rys romerig en al dente is. Raadpleeg gerus die verpakking van die risottorys wat jy gebruik en pas die tyd daarvolgens (en na jou smaak) aan.