Risottobolletjies met cheddarkaas

akkreditasie
Bereidingstyd: 40 min. + afkoel
Porsies: sowat 20
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • - ’n hand vol vars basilieblare, rofweg geskeur
  • 50 g - sondroogtamaties in vinaigrette, in repies gesny
  • - droë broodkrummels
  • 100 ml - room
  • - koekmeel
  • 125ml (50g) - parmesaankaas, gerasper
  • 2 - knoffelhuisies, gekneus
  • 200 ml - droë witwyn
  • 750 ml - warm hoenderaftreksel
  • - olie vir diepvetbraai
  • 2 - eiers, geklits
  • 30 ml - botter
  • - sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 20 - blokkies cheddarkaas, elk sowat 1cm groot
  • 125ml (50g) - cheddarkaas, gerasper
  • 315ml (250g) - arboriorys
Metode
Dis ’n lekker happie dié, maar verg nogal voorbereiding. As jy nie kans sien om dit in bolletjies te rol nie, kan jy eenvoudig die risotto maak en net so geniet.

1. Smelt die botter in ’n groot kastrol. Gooi die knoffel by en roerbraai dit oor matige hitte vir sowat 1 minuut.

2. Roer die rys by tot dit oraloor met botter bedek is. Gooi die wyn by terwyl jy aanhoudend roer – totdat al die wyn geabsorbeer is. 

3. Hou die aftreksel in ’n aparte kastrol op die stoof warm. Voeg lepels vol daarvan by die risotto en roer elke keer totdat al die vloeistof geabsorbeer is voordat die volgende lepel bygevoeg word. Dit sal omtrent 20-25 minute neem. Teen dié tyd behoort die rys gaar te wees, maar nog effens ferm.

4. Roer die room, parmesaankaas, sondroogtamaties en basilieblare by. Geur na smaak en laat afkoel.

5. Vorm die risotto met nat hande in hapgrootte bolletjies. Druk ’n blokkie cheddarkaas in elkeen en doop die bolletjies eers in koekmeel, dan in geklitste eiers en laastens in broodkrummels.

6. Verhit olie in ’n kastrol en diepvetbraai die bolletjies tot goudbruin. Dreineer dit op kombuispapier en sit warm voor. 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees