Romerige paprikahoender

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die sondroë tamatie in vinaigrette verhef die sous, selfs in die kort gaarmaaktyd, tot iets besonders.

Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

  • 4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
  • 8 sondroë tamaties in vinaigrette, gesnipper
  • 1 rooi ui, dungesny
  • 200 g soetrissies, in dun repies gesny
  • 125 ml witwyn
  • 250 ml room 
  • 10 ml paprika
  • 500 g aartappel-gnocchi

1. Meng die hoender met 60 ml van die vinaigrette waarin die sondroë tamaties gemarineer is en geur na smaak met sout en peper. Verhit ’n pan en braai die hoenderhappies tot goudbruin oraloor. Skep die vleis uit sodra dit mooi kleur het en braai die uie en soetrissies in dieselfde pan tot glansend. Voeg ’n skeutjie olyfolie of selfs water by indien nodig om die groente sag te maak.

2. Roer die sondroë tamaties en witwyn by die pan en kook tot die wyn met die helfte ingedamp is. Voeg die room en paprika by en laat prut tot dik en geurig. Skep die hoender terug in die sous en verhit tot deurwarm en gaar.

3. Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pakkie en skep dit by die hoender. Meng deur en sit dadelik voor.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees