Rumkoek

akkreditasie
’n Soete verleiding met skop, en net vir grootmense.
’n Soete verleiding met skop, en net vir grootmense.
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 1 koek
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 60 ml - water
  • 30 ml - klapper
  • - gerasperde skil van 1 lemmetjie
  • 100 ml - rum
  • 120 g - botter
  • 200 g - gemengde neute, grofgekap
  • 2 - eiers, geklits
  • - knippie sout
  • 15 ml - bakpoeier
  • 60 ml - rum
  • - RUMSOUS
  • 125 g - botter, by kamertemperatuur
  • 200g (250ml) - ligte bruinsuiker
  • 5 ml - vanieljegeursel
  • 250 ml - klappermelk
  • 250g (312,5ml) - ligte bruinsuiker
Metode
’n Soete verleiding met skop, en net vir grootmense.

Dié resep is aangepas uit Mari-Louis Guy en Callie Maritz se Koeke ter viering van liefde en lewe – ’n moet-hê vir jou bakboek-versameling. 

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging tot goed gemeng. Meng die meel, klapper, bakpoeier en sout en meng dié mengsel om die beurt met die klappermelk by die eiermengsel. Voeg laastens die rum, vanielje, suurlemoenskil en neute by en giet in ’n gesmeerde ringkoekpan. Bak vir 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

2. Maak die rumsous Smelt die botter, suiker en water saam en bring tot kookpunt. Laat prut vir 3 minute. Roer die rum by en giet die helfte van die sous oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Wag tot al die sous ingetrek het voordat jy die koek uitkeer. Bedruip met die res van die sous net voor jy dit voorsit. 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees