Sagopoeding met klapper en vanielje

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Warm, romerige sagopoeding is ’n bietjie moeite om te maak, maar so die wag werd!

Genoeg vir: 4-6

Bereidingstyd: 20 minute plus weektyd

Gaarmaaktyd: 45 minute

Bestanddele:

• 250 ml sago, 1 uur lank in water geweek

• 600 ml melk

• 400 ml klappermelk

• knippie sout

• 125 ml suiker

• 60 ml botter

• 3 eiergele

• 15 ml melk

• 1 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap

• 120 ml geroosterde klapper

• appelliefies

• 4-6 skuimpies (klein meringues) vir garnering

1. Verhit die 600 ml melk, klappermelk, sout en suiker saam oor lae hitte. Dreineer die sago en voeg dit by die melk. Roer gereeld om te keer dat dit aanbrand. Laat prut die mengsel stadig tot die sago sag en deursigtig is (sowat 30 minute).

2. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en roer die botter by. Klits die eiergele, 15 ml melk en vanieljesaadjies saam. Voeg lepels vol van die warm sago bietjie vir bietjie by

terwyl jy aanhoudend roer. Skep alles terug in die pot en laat staan die warm mengsel met die deksel op vir 15 minute.

3. Skep die sagovla in bakkies, sprinkel met geroosterde klapper en appelliefies en sit ’n meringue op elke nagereggie. ’n Strooisel ekstra vanieljesuiker is opsioneel

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees