
- 330 ml - (1 botteltjie) appelsider
- 45 ml - meel
- 4 - dikgesnyde beenlose varknektjops
- 1 - ui, gekap of 8 klein uitjies, geskil en gehalveer
- - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 3 - knoffelhuisies, gekap
- 125 ml - vleisaftreksel
- 30 ml - elk olie en botter vir vlakbraai
- 4 - skyfies Parma-styl- of Swartwoudham
- 20 ml - korrelmosterd
- 1 - appel, in dun skyfies gesny
- 12 - salieblare
1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Geur die varkvleis goed met sout en peper. Sny nou met ’n skerp mes ’n diep gleuf in elke tjop en vou dit oop. Smeer ’n teelepel mosterd binne-in elke gleuf, voeg ’n skyfie ham, ’n salieblaar en sowat 4 skyfies appel by en vou weer toe.
2 Rol die vleis in die meel om ’n lagie aan die buitekant te maak. Smelt die botter en olie saam in ’n oondvaste pan met ’n deksel en verhit totdat die botter skuim. Braai nou die vleis versigtig tot goudbruin alkante en skep uit. Werk in sarsies sodat die pan nooit oorvol is nie, want dan sal die vleis stowe in plaas van bruin braai.
3 Skep die ui, oorblywende appelskyfies en die knoffel by die pan en braai vir ’n paar minute tot geurig. Voeg die aftreksel en sider by en kook vir ’n paar minute. Jy kan die oortollige meel waarin die vleis gerol is ook by die pan voeg om die sous te verdik indien verkies.
4 Skep die bruingebraaide vleis terug in die sous, bedek en bak in die oond vir 2 uur. Die stadige gaarmaaktyd verseker varkvleis wat smelt in die mond. Garneer met ekstra brosgebraaide salieblare en stukkies ham saam met jou gunsteling-bykosse soos kapokaartappels.