Sjokolade-en-toffie-splinterkoekies

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: sowat 16
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 225 g - botter, by kamertemperatuur
  • 200 g (250 ml) - ligbruinsuiker
  • 100 g (125 ml) - donkerbruinsuiker
  • 2 - eiers
  • 315 g (560 ml) - meel
  • 30 ml - kakao
  • 3 ml - bakpoeier
  • 3 ml - koeksoda
  • knippie - sout
  • 150 g - donkersjokolade, in splinters gekap
  • 12 - sagte toffies, gekap
Metode
Ek het reusekoekies gebak; maak gerus kleiner koekies as meer mense moet saamsmul.

1 Klits die botter en suikers saam tot lig en donsig. Klits die eier by tot goed gemeng. Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam; meng dit dan saam met die sjokolade en toffie by die eiermengsel in om ’n sagte koekiedeeg te vorm. 

2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verdeel die deeg in die helfte en verdeel dan elke helfte in agt ewe groot koekies. Druk die koekies platter en rangskik agt op ’n bakplaat met genoeg ruimte tussenin dat die koekies kan uitsprei terwyl dit bak. 

3 Bak nou vir sowat 15 minute per bakplaat of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel op ’n draadrakkie en bêre in ’n lugdigte houer. 

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees