1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 23 cm-koekpanne of ’n ringkoekpan met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier (ook jou ringkoekpan indien moontlik). Verhit die melk en botter saam tot gesmelt. Verwyder van die hitte, voeg die vanielje by en laat effens afkoel. Klits nou die kakao by tot glad, en hou eenkant.
2. Klits die eiers tot lig en romerig. Klits dan die suiker lepel vir lepel by tot al die suiker bygevoeg is en die eiermengsel selfs nog dikker is. (Daleen gebruik ’n staanmenger, maar ’n handklitser sal ook werk.)
3. Sif die meel en bakpoeier saam bo-op die eiermengsel en begin versigtig invou om soveel moontlik lug te behou. (As jy ’n staanmenger gebruik, laat sak die haak en skakel aan.) Sodra die meel begin invou, voeg die melkmengsel stadig by tot alles mooi gemeng is. Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak vir 25–30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrakkie afkoel. As jy ’n ringkoek bak, pas die baktyd aan na gelang van jou pan. Een koek gaan langer bak as twee lae.