
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Bestanddele
• 150 g donkersjokolade (70% kakao-inhoud) van ’n goeie gehalte
• 150 g melksjokolade
• 150 ml room
• 30 ml rum of sterk koffie
• 3 eierwitte
• 30 g versiersuiker
Metode
1. Breek die sjokolade in blokkies en smelt dit saam met die room oor warm water of in die mikrogolfoond. Oppas dat jy dit nie oorverhit nie. Roer rum of koffie by.
2. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by totdat die eierwitte stywe punte vorm en ’n blink voorkoms het.
3. Vou sowat 30 ml van die sjokolademengsel in die eierwitte en vou dan die res van die sjokolademengsel by. Skep in ’n groot mengbak of in individuele glase en sit in die yskas tot gestol. Sit voor saam met sjokoladekrulle en geklopte room.