Smelt die sjokolade versigtig in die mikrogolfoond tot glad. Laat effens afkoel. Skep die avokado saam met die sout, rum, kakao en versiersuiker in ’n maatbeker en maak fyn met ’n staafmenger. Voeg die sjokolade geleidelik by en verwerk tot net gemeng. Skep of spuit in mooi glase en sit voor met kakao bo-oor gesif.
Ekstra mooi Smelt 150g ekstra donker- sjokolade. Verdeel dit tussen 6 kolwyntjie- doppies en smeer dit eweredig aan die binnekante met behulp van ’n lepel. Sit die doppies in die yskas totdat die sjokolade hard is. Trek die papier versigtig af en vul met die mousse. Garneer met vars bessies en mentblaartjies.