Smeer 1 groot skaapboud oraloor met olyfolie, worcestersous en blatjang. Sit die boud, 2 groot uie, in wiggies gesny, en ’n paar takkies roosmaryn in die prutpot op hoog en laat prut vir sowat 4 uur – dit moet van die been afval. As daar te veel vog in die pot is, skep ’n bietjie uit en strooi 3 eetlepels van Ina Paarman se Beef Flavour Stock Powder oor. Laat vir nog so ’n halfuur deurkook tot die sous dik raak.