1. Meng al die speserye vir die spesery- mengsel; vryf dit dan goed in die vleis in. Verhit die olie in ’n swart pot oor die kole (of gebruik ’n dikboompot op die stoof) en braai die vleis mooi bruin in sarsies. Skep uit en geur met sout. Braai nou die uie en knoffel tot sag en glansend. Sit die vleis terug in die pot en roer die kof e, aftreksel, tamatiesap en geblikte tamaties by.
2. Voeg die droëvrugte en neute, asook die heuning by die vleis. Laat prut oor lae hitte totdat die skenkels sag is, maar nie van die been afval nie. Roer af en toe sodat dit nie vasbrand nie; dit sal sowat 2–2½ uur neem.
3. Voeg dan die groente by en vul die vloeistof met aftreksel aan as die potjie begin droog lyk. Sit die deksel op en laat stoom vir nog so 20–30 minute. Strooi laastens die koljander oor.