
- - gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sowat 60 ml - gekapte platblaarpietersielie
- 1 - bossie sprietuie, gekap
- 125 ml - pikantrissies (Peppadews), fyngekap
- ’n knippie - rooipeper
- VULSEL -
- sowat 500 ml - gepluisde gerookte snoek
- - olie vir diepbraai
- 12 - velletjies 20 x 20 cm Chineserolletjie-deeg (“spring roll wrappers”)
- 230 g (1 houertjie) - roomkaas
- 30 ml - meel
1 Meng al die vulselbestanddele en geur na smaak met sout en swartpeper; pas die hoeveelhede brandgoed aan na jou smaak.
2 Meng die meel in ’n bakkie met genoeg water om ’n slap pasta te vorm – dit is die “gom” waarmee die rolletjies verseël word.
3 Haal die 12 velle deeg uit die pakkie en bedek met ’n klam doek om te keer dat dit uitdroog. Sit ’n deegvel op ’n skoon werkoppervlak neer en verf die rande met die meelpasta. Smeer nou ’n opgehoopte lepel vulsel sowat 1 cm van die kort rand naaste aan jou af. Vou eers die kort rand om en vou dan die lang kante netjies oor voor jy dit oprol om ’n sigaar te vorm. Herhaal die proses met al die velle deeg. Maak seker dit heg goed.
4 Diepbraai die rolletjies in sarsies en sit warm voor, met of sonder ’n doopsous – knoffelmayonnaise, jogurt of soet rissiesous is heerlik hierby.