1 Meng die soetrissie, ui en brandrissie met die sout en sit dit in ’n vergiettes oor ’n wasbak vir sowat 2 uur. Druk al die ekstra vloeistof uit.
2 Sit dit saam met die res van die bestanddele in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook sowat 30 minute stadig tot effens verdik. As jy ’n gladde sous verkies, pols die sous met ’n staafmenger tot fyn; los andersins net so grof. Giet warm in gesteriliseerde flesse of bottels en verseël dadelik.