
Genoeg vir 8
Voorbereiding: 25 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
- 15 ml olyfolie
- 8 varkneksteaks, drooggedruk
- witrys en mikrokruie vir voorsit
SOUS
- 1 ui, gekap
- 1 rooi of geel soetrissie, in blokkies gesny
- 5 ml olyfolie
- 1 x 400 g-blik pynappelstukke, gedreineer (behou die stroop)
- 2 pruimtamaties, gekap
- 100 ml bruinsuiker
- 180 ml witwynasyn
- 5 ml sojasous (of na smaak)
- 10 ml mielieblom
1. Maak die sous Braai die ui en soetrissie tot glansend in die olie. Voeg die pynappelstukke en tamatie by en braai saam. Voeg die suiker by en roer tot gesmelt. Roer die behoue pynappelstroop, die asyn en sojasous by en kook vir sowat 3 minute. Meng die mielieblom met 15 ml water tot ’n pasta en klits by die sous. Kook tot verdik.
2. Verhit die olie. Geur die varkvleis met sout en peper. Panbraai tot goudbruin en deurgaar. Skep die vleis nou in die sous en verhit tot deurwarm. Sit voor met die rys en ’n strooisel mikrokruie.