Stoute soutkarameltert

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster

1 Meng die koekiekrummels en botter en voer ’n langwerpige losboom-tertpan daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Bak vir 5 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C om ’n bros resultaat te verseker; laat dit dan effens afkoel.

2 Meng die grondboontjiebotter en melk-sjokolade en smeer dit oor die bereide kors. Verhit die room in ’n klein kastrol tot dit net kook en giet dit oor die gerasperde sjokolade. Roer tot al die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Klits nou saam met die karamel, rum en sout tot gemeng en skep bo-op die grondboontjielaag. Laat staan tot gestol.

3 Versier nou na hartelus met skerwe grondboontjiekraaklekker, lepels vol dik room, piesangskyfies, mentblaartjies en sjokoladeballetjies. Ons het met ’n klein koekiedrukker blommetjies uit die piesangskyfies gedruk. Onthou om die piesang met suurlemoensap te bedruip sodat dit nie verkleur nie. Smul dadelik voordat die room smelt! 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees