Spaanse hoenderpastei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Vervang die patatskyfies met fyn aartappels ter afwisseling.

Genoeg vir: 4–6

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 1½ uur

  • 2 chorizo-worsies, in dun skyfies gesny
  • 4 hoenderborsfilette, in repe gesny
  • 1 klein rooi ui, gekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 rooi soetrissies, gekap
  • 15 ml gerookte paprika
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 60 ml pietersielie, gekap
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 1 groot patat, goed gewas
  • 30 ml botter

1. Braai die worsies tot bros. Skep dit uit en braai die hoender in dieselfde pan tot geurig. Skep die hoender uit en braai die ui, seldery, knoffel en soetrissie tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog ’n paar minute tot geurig. Skep die hoender en worsies terug in die pan saam met die tamaties, en laat prut sonder ’n deksel vir sowat 10 minute.

2. Roer die pietersielie en olywe by en geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel in ’n oondbak. Sny die patat in dun skyfies en pak dit bo-op die mengsel. Stip dit met botter, bedek met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 10 minute of tot die patat gaar en bros is.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees