book-icon Uitgawe Mei | Junie 2022

Spinasie-cannelloni

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1 Sny die are uit die spinasie en kap die are fyn. Dit het amper dieselfde tekstuur as seldery en gee lyf aan die vulsel. Smelt die botter en olie saam en braai die are, preie en knoffel saam tot sag. Roer die groen spinasieblare by die pan en roerbraai totdat die spinasie verwelk het en daar geen ekstra vloeistof in die pan is nie. Roer die pietersielie en dille by en verwyder van die hitte. Maak die spinasiemengsel fyn met ’n staafmenger saam met die ricotta en feta. Geur na smaak met sout, peper en neutmuskaat. Die vulsel moet dik en romerig wees. As dit te loperig is, voeg ekstra ricottakaas by. 

2 Voorverhit die oond. Verhit die tamatiepassata en geur met die olyfolie, kruie en suiker. Jy kan ook sout en peper na smaak byvoeg. Versprei die helfte van die sous in ’n gesmeerde oondbak. 

3 Vul die cannelloni-buise met die spinasiemengsel en pak dit langs mekaar bo-op die tamatiesous (gebruik ’n spuitsak sonder ’n punt as jy wil). Giet die res van die tamatiesous oor, gevolg deur die mozzarella en parmesaankaas. Bak vir sowat 20-25 minute of tot borrelend en goudbruin.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees