book-icon Uitgawe Julie 2018

Sriracha-hoenderstapel

akkreditasie
Ed O'Riley
Bereidingstyd: 35 min. + marineer
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 30 min.
Bestanddele
  • 2 - ryp avokado’s, in klein blokkies gesny en met suurlemoensap besprinkel
  • 30 ml - srirachasous
  • 80 g - mikrokruie
  • - Kewpie-mayonnaise
  • 4 - hoenderborsies, elk in 4 repe gesny
  • 2 - groot patats, in 1cm-skywe gesny
  • - ekstra srirachasous vir saamstel
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 15 ml - olyfolie
  • - MARINADE
  • 30 ml - olyfolie
  • 30 ml - sojasous
Metode
Skyfies geroosterde patat is ’n heerlike alternatief vir tortillas of brood in dié verruklike stapel.

Oondtemperatuur: 200°C 

1. Meng die hoender met die marinadebestanddele in ’n glasbak, bedek en marineer oornag in die yskas.

2. Kook die patatskywe vir 5 minute in soutwater. Dreineer en pak op ’n gesmeerde bakplaat (werk versigtig sodat die skywe nie breek nie). Rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot alkante goudbruin en deurgaar. Hou eenkant.

3. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die hoender tot mooi bruin. Voeg ’n skeut warm water by die pan om te keer dat die marinade brand en hou aan met braai totdat die hoender gaar is. Laat effens afkoel, skeur die vleis in growwe stukke en geur met ’n bietjie sout.

4. Stel dit saam Stapel die patatskywe saam met die hoender en avokado, sprinkel die kruieblaartjies oor en bedruip met die mayonnaise en ekstra sriracha. 

Glad of grof?
  • Growweskil- of Hass-avokado’s word swart wanneer hulle ryp is en het ’n heerlik sagte, botterige geur.
  • Van die gladdeskil-avokadosoorte is die peervormige Fuerte-kultivar die bekendste. Die skil bly groen al is die vlees ryp en dit kneus maklik, so voel-voel versigtig in die supermark! 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees