1 Meng al die bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot mengbak totdat dit net bymekaarkom.
2 Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat rys die deeg vir 12-14 uur teen ’n matige kamertemperatuur. Hoe warmer dit is, hoe vinniger sal die deeg rys, maar mik liewer na lank en stadig. Die deeg verdubbel in volume en vorm borrels aan die bokant.
3 Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak – dit sal loperig en taai wees, so gebruik genoeg meel om te keer dat dit aan jou werkblad vassit.