’n Baie ryk vrugtekoek met net genoeg beslag om die vrugte en neute bymekaar te hou. Bak die koek ’n maand of twee voor Kersfees en giet elke week ’n doppie brandewyn daaroor.
1. Week die rosyne, korente en sultanas in die 200ml brandewyn tot sag (verkieslik oornag of selfs langer).
2. Voer ’n vierkantige 28cm-koekpan met ’n dubbele laag gesmeerde bruinpapier uit sodat die papier 10 cm bo die rand van die pan uitsteek. Doen moeite hiermee, al is dit frustrerend om die papier te sny en netjies te laat pas. Dit keer dat die koek aanbrand en verseker dat die koek se rande en die vrugte sag bly.