book-icon Uitgawe Augustus 2020

Brandewyn-appeltert

akkreditasie
Met of sonder die dronk rosyne is hierdie vulsel altyd ’n wenner. Ek het die voutegniek vir ’n spinasie-en-fetapastei wat lyk soos ’n sonneblom op pinterest.com raakgesien en besluit om ’n soet weergawe te maak.

Maak 1 x 25 cm-pastei 

Bereidingstyd: 25 minute

Baktyd: 30 minute 

Oondtemperatuur: 180 °C

• 1 rol (400 g) bereide brosdeeg, ontvries

• 1 eier, geklits

• 60 ml gesifte versiersuiker

VULSEL

• 60 ml rosyne

• 30 ml brandewyn, whisky of rooibostee

• 2 groot groen appels

• 60 ml botter

• 125 ml suiker

• 125 ml pekanneute,  grofgekap

• 15 ml suurlemoensap

• ’n knippie sout

Maak die vulsel Kook die rosyne ’n paar minute lank in die brandewyn in die mikrogolfoond op hoog. Skil die appels, sny die vlees van die stronke af en kap dit in blokkies. Sit die appelblokkies, botter en suiker in ’n pan en verhit saam totdat die botter gesmelt het en die suiker opgelos is. Roerbraai tot die appels sag en gekaramelliseer is. Roer die rosyne, pekanneute, suurlemoensap en sout by, verwyder die vulsel van die hitte en laat afkoel.

Stel die tert saam 

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

1 Voorverhit die oond. Rol die deeg versigtig oop op ’n vel bakpapier op ’n skoon werkoppervlak en verdeel dit in twee gelyke dele. Sny die eerste stuk deeg in ’n 25 cm-sirkel en plaas dit op ’n vel bakpapier. Skep nou ’n hopie appelvulsel in die middel van die sirkel. Skep die res van die vulsel in ’n breë strook buite-om, met sowat 2 cm tussenin.

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

2 Sny nou ook die tweede deegvel in ’n 25 cm-sirkel, rol dit effens groter en plaas dit versigtig bo-oor die vulsel op die eerste sirkel. Druk die vulsel in die middel van die pastei vas met behulp van ’n omgekeerde poedingbakkie. 

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

3 Sny enige oortollige deeg af en druk die deeg al om die buiterand ook oor die vulsel vas met ’n vurk. 

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

4 Maak snitte deur die buitenste gevulde rand van die pastei,  3cm uitmekaar (sonder om deur die kern van die pastei te sny). 

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

5 Draai nou elk van dié “gevulde pakkies” kloksgewys met 90° sodat die vulsel na bo wys. 

dough, pastry, pie, tart, bread, quick, ready made

6 Skuif nou die pastei met behulp van die bakpapier op ’n bakplaat, verf ’n bietjie geklitste eier oor en bak sowat 30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel, meng die versiersuiker met net genoeg water om ’n dik, loperige glaseersel te vorm en drup dit oor die louwarm tert.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees