Foto Greg Cox
1 Voer die holtes van ’n muffinpan met kolwyntjierokkies uit en spuit hulle met kleefwerende kossproei. Meng die koekiekrummels met genoeg botter om die krummels aan mekaar te laat kleef. Skep ’n lepel vol in elke rokkie en druk dit op die bodem vas om ’n korsbasis te vorm.
2 Vryf die grenadellapulp deur ’n sif om die pitte te verwyder. Meng die pulp saam met die suurlemoensap en -skil by die kondensmelk en klits tot dik. Klits die maaskaas apart om te verseker dit maak nie klonte nie en klits dan die kondensmelkmengsel geleidelik by die maaskaas. Vou die room in en verdeel die vulsel tussen die kolwyntjierokkies; laat stol in die yskas.