book-icon Uitgawe September 2021
Deel

Maak jou eie halloumi

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stilering Johané Neilson l Resep aangepas van A3 Technologies l Foto’s Ed O’Riley

1 Sit die melk en opgeloste kalsiumchloried in ’n pot. Verhit die melk tot 30–34 °C terwyl jy voortdurend roer. Los die stremsel in ’n klein bietjie koue water op. (Wenk Gebruik ’n spuit om die piepklein hoeveelheid stremsel af te meet.) Voeg die opgeloste stremsel by die melk, meng deeglik en laat staan dit met die deksel op vir 45 minute totdat die melk dik word en verstyf soos jellie. Moet dit nie versteur nie. Dit is belangrik dat die melk se temperatuur konstant by 30-40°C gehou word. (Wenk Ek het die pot op die stoof laat staan nadat ek die hitte afgedraai het en dit toe met ’n kombers bedek.)

2 Toets die gestolde melk: Sny daarin met ’n mes en lig dit van die bodem; indien dit soos gestolde jellie lyk, is dit gereed. As dit nog te sag is, gee dit nog 15 minute kans. Sny die gestolde melk met ’n lang mes in blokke van 2-4 cm en roer dan stadig. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees