Dié maklikste beskuit resep wat almal moet hê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 48
Gaarmaaktyd: 45 min. plus droogtyd
Bestanddele
  • 200 g (250 ml) - suiker
  • 15 ml - bakpoeier
  • knippie - sout
  • - geklitsde eier of melk as glaseersel
  • 500 g - botter by kamertemperatuur
  • 2 - eiers
  • 500 ml - lou water
  • 1,5 kg (11 x 250 ml) - bruismeel
Metode
Beskuit is die perfekte ontbytkos saam met moerkoffie of ’n vinnige versnapering wanneer aandete nog ver lê.

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

2. Sif die droë bestanddele saam en meng dit om die beurt met die water by die eiermengsel totdat dit ’n sagte deeg vorm.

3. Knie die deeg vir ’n kort rukkie tot dit net bymekaarkom. Knyp balletjies af en pak in ’n gesmeerde oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Die grootte van die balletjies gaan die grootte van die beskuit bepaal en hoe stywer die balletjies gepak word, hoe beter gaan hulle mekaar regop hou terwyl dit bak. Verf met geklitste eier of melk.

4. Bak die beskuit vir 45 minute of tot goudbruin en uitgerys. Laat effens afkoel en keer dit dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel. Breek die beskuite los van mekaar en pak op bakplate; droog dit dan uit teen 100 °C tot lekker bros (dit neem sowat 4–6 uur).

Rond óf lank

As jy nie hou van ronde beskuite nie, druk die rou deeg eweredig in ’n gesmeerde oondpan en sny dit in stafies vir lang, dun beskuite wat makliker doop!

Variasies

Die basiese resep kan maklik aangepas word vir ’n bietjie afwisseling (wees kreatief, maar pasop vir te veel ekstras, want dit kan die beslag swaar maak):

  • Speserysmakie Voeg 5 ml anys, sesamsaad of ’n strooisel kaneel by.
  • Soetigheid Voeg 80 ml sultanas, sjokoladesplinters of 5 ml vanieljegeursel by.

Wenk

Hou die oonddeur op ’n skrefie oop wanneer jy die beskuit uitdroog (’n houtlepel help hiermee) sodat die stoom kan ontsnap. Jy kan dit ook in die lou oond uitdroog. Bêre in lugdigte houers.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees