Onderstebo tamatietert

akkreditasie
Foto's: Anèl van der Merwe
Foto's: Anèl van der Merwe
Bereidingstyd: sowat 1 uur
Porsies: 6-8
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
Bestanddele
  • 8 - 10 - rooiryp rosa- of pruimtamaties
  • - olyfolie
  • - sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 45 ml - botter
  • 3 - medium uie, gekap
  • 30 ml - vinkelsaad of vars tiemie
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 3 - vet knoffelhuisies, gekap
  • 180 ml - suiker
  • 250 ml - water
  • - sondroogtamaties in vinaigrette, gedreineer
  • - skilferkorsdeeg
  • - basiliekruidblare (vir garnering)
  • - parmesaanskaafsels (vir garnering)
Metode
Gebruik die rooiryp oorvloed van die somer om dié geurige onderstebo tert te maak.
Onderstebo tamatietert

1 Voorverhit die oond tot 220°C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Halveer die tamaties in die lengte en meng dit met die olyfolie in ’n mengbak totdat dit oraloor bedek is. Sprei die tamaties op die bakplaat uit en geur dit met sout en swartpeper. Oondrooster vir sowat 35-45 minute of tot die tamaties sag is en begin verkleur. Haal dit uit die oond en laat afkoel. Verhit die botter en soteer die uie oor lae hitte tot sag (dit sal sowat 20 minute neem). Gooi die vinkelsaad, brandrissie en knoffel by en roer deur. Laat afkoel.

Onderstebo tamatietert

2 Gooi die suiker in ’n swaarboomkastrol. Moenie water bygooi nie en verhit dit stadig. Moenie roer nie– jy kan wel die kastrol van tyd tot tyd skud om die suiker eweredigte laat verhit. Die suiker sal smelt en karamelliseer. Sodra dit gebeur, moet jy die water bygooi (wees versigtig, want dit sal sis en spat). Gooi die stroop in ’n vuurvaste tert- of randkoekbak om die bodem te bedek. Werk vinnig, want die stroop stol vinnig.

Onderstebo tamatietert

3 Pak die tamaties met die skilkant na onder op die stroop – werk netjies, want dit gaan die bokant van die tert wees. Druk die sondroogtamaties in die gaatjies tussen die tamaties in.

Onderstebo tamatietert

4 Skep die uie bo-oor die tamaties.

Onderstebo tamatietert

5 Bedek die tamatie en uie nou met ’n sirkel skilferkorsdeeg wat effens groter as die tert- of randkoekbak gesny is. Druk die kante van die deegeffens langs die kant van die bak in, of sny dit af as dit te groot is. Bak die tert in ’n voorverhitte oond (200°C) vir sowat 25-30 minute o ftot die deeg goudbruin en uitgerys is.

Om voor te sit: Sit ’n opdienbord onderstebo oor die tert- of randkoekbak en keer dit om. Garneer die tert met vars basiliekruidblare en skaafsels parmesaankaas.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees