Paneer, ricotta, queso fresco – noem dié romerige kaas wat jy wil. Dis maklik om te maak en kan in sop en kerries gekrummel word vir tekstuur, oor platbrode gestrooi word of op stokkies geryg en gemarineer word vir die allerlekkerste achari paneer tikka.
1 Bring 2 liter varsvolroommelk stadig tot kookpunt (dit moet net-net begin borreltjies maak en stoom). Roer deurgaans sodat die melk nie aanbrand nie. Haal van die hitte af en roer sowat 30ml appelasyn en, vir ekstra geur as jy wil, ook sowat 15ml vars suurlemoensap by.
2 Die mengsel behoort dadelik te begin skif en skei in die korrelrige wrongel (paneer) en wei. Laat staan dit dan vir sowat 10 minute sodat die mengsel kans kry om heeltemal te skei. Indien die wei nie ná 10 minute effens geel en waterig lyk nie, kan jy nog ’n bietjie asyn byvoeg.