Pof-pannekoek

akkreditasie
Begin jou dag met hierdie dik, pofferige,effe soet Hollandse pannekoek. Dis nie net blitsvinnig om te maak nie, maar jy het beslis al die bestanddele in jou kombuis.

Genoeg vir 1 pannekoek

Bereidingstyd: 10 minute

Oondtemperatuur: 200 °C

Baktyd: 15–18 minute

  • 125ml koekmeel
  • 60ml suiker
  • 2,5ml sout
  • 180ml melk
  • 3 eiers
  • 5ml vanieljegeursel
  • 30ml botter
  • versiersuiker
  • vrugte, smere en/of jogurt vir voorsit

1. Voorverhit die oond. Meng die meel, suiker en sout.

2. Klits die melk, eiers en vanieljegeursel saam en voeg die droë bestanddele by die eiermengsel. Klits tot glad en laat vir 30 minute staan.

3. Smelt die botter in ’n oondvaste 20 cm-pan op die stoof oor matige hitte. Giet die beslag in die pan en sit dit vir 15–18 minute in die oond. Die pannekoek is gaar sodra dit opgepof en ligbruin van kleur is. Dit sal donkerbruin aan die kante wees.

Sit dit voor...

Haal die pan uit die oond en glip die pannekoek op ’n dienbord. Stip met botter. Sif ’n bietjie versiersuiker oor en sit die pannekoek in skywe voor saam met enige van die volgende: vrugte, Nutella, heuning, Griekse jogurt, suurlemoensmeer of selfs grondboontjiebotter.

Wenke

• Indien jy ’n voedselverwerker het, kan jy maklik al die bestanddele vir die beslag gelyktydig daarin saamklits.

• Sit vrugte soos bessies onderin die pan voordat jy die beslag daarin giet.

• As jy nie ’n oondvaste pan nie, kan jy enige vuurvaste oondbak, byvoorbeeld ’n tertbak, gebruik.

• Jy kan die beslag met veiligheid verdubbel vir ’n groter oondpan.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees