Foto Greg Cox
Oondtemperatuur: 180 °C
1 Klits die botter en versiersuiker vir die deegdoppies saam tot lig. Voeg die eier en vanielje by en klits tot net gemeng. Sif die koekmeel oor en meng nou met die hand tot die deeg net glad is. Vorm die deeg in ’n plat, ronde skyf, bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute. Dit verstewig die deeg sodat dit makliker uitrol en nie inkrimp in die oond nie.