book-icon Uitgawe Julie 2018

Springbokskenkels met gnocchi

akkreditasie
Bereidingstyd: 30 min. + marineer
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 6 uur
Bestanddele
  • 30 ml - bruinsuiker
  • 3 - knoffelhuisies, geskil
  • - ’n bossie vars tiemie
  • - MARINADE
  • 45 ml - balsemiekasyn
  • 5 ml - koljandersaad, gestamp
  • 1 - vars brandrissie, gekap (of na smaak)
  • 1 - gedroogde brandrissie, gebreek
  • 2 - lourierblare
  • 6 - naeltjies
  • 4 - preie, skoongewas en in 4cm-stukke gesny
  • 1 - bottel (750ml) rooiwyn
  • 1 - blik heel tamaties
  • 6 - springbokskenkels
  • 250 ml - beesvleisaftreksel
  • 250 g - gerookte varkvleis, in blokkies gesny
  • 1 - kaneelstokkie
  • 6 - jenewerbessies
  • 30 ml - olyfolie
Metode
Die jagseisoen is oop en dié springbokskenkels op gnocchi is koningskos.

Oondtemperatuur: 160°C 

Vir die vleis 

1. Meng al die bestanddele vir die marinade. Plaas die skenkels in ’n glas- of keramiekbak met ’n deksel en giet die marinade oor; sit dit oornag in die yskas. Onthou om die vleis na kamertemperatuur te bring voor dit oond toe gaan. 

2. Voorverhit die oond. Verhit die olie en braai die preie, knoffel en varkvleis. Meng dit dan saam met die res van die bestanddele by die vleis en sit dit in die oond vir 6 uur tot smelt-in-die-mondsag; vul die vloeistof aan indien nodig. 

Vir die gnocchi 

1. Prik 2 kg skoongewaste bak-aartappels met ’n vurk en sit dit op ’n bakplaat. Bak teen 180 °C tot sag en deurgaar (sowat 1 uur, afhangend van die grootte). Laat die aartappels effens afkoel. Halveer, skep die sagte vlees uit die bros skille en maak dit goed fyn. 

2. Geur die kapok met sout, peper en neutmuskaat en meng met 3 eiergele en sowat 500 ml meel (twee keer gesif) tot ’n sagte maar hanteerbare “deeg”. 

3. Verdeel die deeg in 4 gelyke dele en rol elke deel op ’n semolina-bestrooide oppervlak uit in ’n lang, dun wors van sowat 30 cm lank en 1,5 cm dik. Sny die worse met ’n skerp mes in 2 cm-stukkies. Rol die happiegroot porsies in ekstra semolina op ’n bakplaat en laat rus dit in die yskas vir 20 minute. Bring ’n groot pot soutwater tot kookpunt en kook die gnocchi in sarsies vir sowat 3 minute of tot hulle dryf. Skep uit met ’n gaatjieslepel en hou warm. Herhaal tot al die gnocchi gaar is. 

Om voor te sit

Haal die wildsvleis uit die oond en skep die skenkels versigtig uit die sous. Skep die heel speserye uit en verwerk die sous tot glad. Giet oor die gnocchi, proe vir sout en peper en plaas die skenkels bo-op. Smul dadelik. 


Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees