1. Skrop die mosselskulpe met ’n stywe borseltjie skoon en verwyder die baard deur dit met jou vingers vas te gryp en uit te trek. Wikkel dit eenvoudig na die punt van die skulp om dit los te kry.
2. Sit die skoongemaakte mossels in ’n groot pot en voeg die wyn by, asook die suurlemoenblare, die heel peperkorrels en ’n strooisel van die sagte kruie. Bring tot kookpunt. Sit die deksel op sodra die vloeistof kook, draai die hitte laer en laat stoom die mossels vir 5 minute.