book-icon Uitgawe September 2021

Suurlemoen-smeerblokkies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Ed O'Riley

1 Maak die suurlemoensmeer Klits die eiergele en suiker saam in ’n mikrogolfveilige mengbak; klits dan ook die suurlemoensap en -skil en die botter by tot goed gemeng. Mikrogolf vir 1 minuut op ’n slag (klits goed ná elke minuut) totdat die mengsel dik en glad is. Dit neem sowat 6-10 minute, afhangend van jou mikrogolf.

2 Skep die mengsel in ’n plat bak sodat dit vinnig kan afkoel. Bêre die smeer tot twee weke lank in ’n gesteriliseerde fles in die yskas as jy dit nie dadelik wil gebruik nie.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 20 x 20 cm-oondpan uit met bakpapier. Sif die meel en versiersuiker vir die brosbroodlaag saam; vryf die botter daarby in totdat dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die eier en melk by en knie tot die bestanddele net bymekaarkom. Druk nou stewig vas in ’n eweredige laag in die voorbereide pan. Prik die deeg oraloor met ’n vurk en bak vir sowat 25-30 minute tot ligbruin en net gaar. Laat effens afkoel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees