Tamatierys

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 25 minute
Bestanddele
  • 1 - wiel feta
  • - mikro-basilie
  • 30 ml - olyfolie
  • 1 - chorizo-wors, gekap
  • 1 - klein ui, gekap
  • 250 ml - jasmynrys
  • 300 g - bevrore kersietamaties
  • 'n knypie - elk sout en peper
  • sowat 1 liter - aftreksel
Metode
"Ek geniet die rys soms net so vir aandete. Selfs sonder die chorizo en feta is dit steeds ’n geurige bygereg by alles van braaivleis tot roosterhoender." – Johané

1 Verhit die olie en braai die gekapte chorizo daarin tot bros. Skep die vleis uit die pan, maar behou die geurige olie. Braai nou die ui stadig tot glansend. Hou die hitte laag sodat die ui nie begin verkleur voor dit ordentlik sag gebraai het nie. Roer die ryskorrels by die pan en braai total die korrels mooi gerooster is.

2 Verhit die aftreksel en tamaties in ’n pot enkook (met die deksel op) totdat die tamaties begin oopbreek. Sodra die tamaties ontvries is, kan jy dit sommer met ’n aartappeldrukker effens stukkend druk.

3 Roer die rys-en-uiemengsel by die aftreksel in die pot, bring tot kookpunt, draai die hitte af tot laag en laat prut 10–15 minute (raadpleeg die rys se verpakking vir die korrekte gaarmaaktyd en hoeveelheid kookvloeistof).

4 Haal die pot gaar rys van die hitte af, bedek dig en laat staan nog 5–10 minute.

5 Roer die bros chorizo by en krummel die feta oor. Proe en geur na smaak met sout en peper. Sit voor met ’n strooisel vars kruie.

Algemene vrieswenke

Heelparty groentes en vrugte kan rou en sonder moeite bevries word – onder meer veelsydige tamatie, pampoen, bessies en steenvrugte.

Só maak jy:

• Vries die groente in porsiegroottes
wat by jou gesin se eetgewoontes pas
en skryf die rou gewig saam met die
datum op die pakkie voor dit vrieskas
toe gaan. Só maak jy seker jy gebruik
die oudste pakkies eerste.

• Vries liefs in bakkies pleks van
plastieksakkies wat ná een keer se
gebruik vullishoop toe gaan.

• Vrugte soos appel, piesang en
steenvrugte kan bruin verkleur indien
dit te lank aan lig blootgestel word
terwyl jy dit ontpit en sny. Besprinkel
met suurlemoensap en werk vinnig!

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees