book-icon Uitgawe Werf 2018

Tamatiesous

akkreditasie
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 750 ml
Gaarmaaktyd: 1 tot 2 uur
Bestanddele
Metode
Vries die sous in porsies vir die lang wintermaande se pasta en bredies wanneer tamaties nie in seisoen is nie.

Verhit 20 ml olyfolie in ’n kastrol en soteer ’n groot gekapte ui oor matige hitte tot sag en glansend. Gooi 2–3 gekapte vet knoffelhuisies by en roerbraai vir nog sowat ’n minuut. Dit is belangrik dat die ui en knoffel nie bruin word nie. Skil, ontpit en kap genoeg tamaties fyn om 1 kg te lewer. Gooi die tamaties, 30 ml tamatiepasta en 125 ml rooiwyn by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut die mengsel tot dit dik is – dit neem sowat 1½ tot  2 uur. Proe en geur met sout, swartpeper, basiliekruid en suiker. Jy kan die sous in dié stadium in ’n voedselverwerker verpulp indien jy van ’n gladder sous hou. 

Wenk Nie tyd om tamaties te verwerk nie? Vries sommer die gewaste tamaties heel in skoon sakkies en voeg net so by jou stowegeregte in die winter. Dis ook perfek vir sop. 

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees