Tropiese vrugteslaai met klappermuesli

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 500 ml - hawermout
  • 30 ml - botter
  • 30 ml - bruinsuiker
  • 30 ml - heuning
  • 125 ml - klapperskaafsels
  • 250 ml - droëvrugte-en-neut-ontbytmengsel (myne het gedroogde piesangskyfies, neute en bosbessies in)
  • 1 - kiwivrug, geskil en gesny
  • 1 - klein papaja, geskil, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 - mango, geskil, ontpit en in blokkies gesny
  • 500 g - bevrore jogurt
Metode
Dié graankos saam met bevrore jogurt is meer poeding as ontbyt op ’n warm dag! Verdubbel gerus die muesli-resep en hou wat oorbly in ’n lugdigte houer.

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die hawermout, botter, suiker en heuning en versprei dit in ’n enkellaag op ’n bakplaat (ek voer my plaat met bakpapier uit). Bak vir 10 minute. 

2. Haal uit die oond, roer die klapperskaafsels by en bak vir nog 5-10 minute of tot die hawermout en klapper mooi gekaramelliseer het. Roer die ontbytmengsel by en laat afkoel. 

3. Sit dit voor: Verdeel die mengsel in mooi bakkies, skep van die tropiese vrugte oor en rond af met ’n bal bevrore jogurt. 

Wenk: Gebruik gerus fyn klapper as jy sukkel om klapperskaafsels in die hande te kry.  

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees