
- 250 ml - room
- 120g (150ml) - strooisuiker
- 5 - eiergele
- 1 - vanieljepeul, saadjies uitgekrap (of 5ml vanieljegeursel)
- 250 ml - melk
1. Bring die melk, room en vanielje- saadjies tot kookpunt oor matige hitte. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en romerig. Giet nou geleidelik die warm melk by die eiermengsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet dan die vlamengsel deur ’n sif in ’n skoon pot. Plaas weer oor matige hitte en verhit terwyl jy heeltyd stadig klits of met ’n houtlepel roer. Hou so aan met klits (5–8 minute) tot die mengsel die agterkant van ’n houtlepel bedek.
2. Verwyder die mengsel van die hitte en giet dit deur ’n sif. Sit dadelik die bak vla oor ys om dit blitsvinnig af te koel en te keer dat dit skif. Giet die yskoue vla in ’n vlak bak en sit dit in die vrieskas; klits dit elke 20 minute met ’n vurk om die yskristalle op te breek tot die roomys deurgevries is. (Of gebruik jou roomysmasjien.)
LEES VOLGENDE: Soutkaramelroomys met 3 bestanddele