Tunaviskoekies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak ’n feesmaal met twee staatmakers uit die spens – aartappels en geblikte tuna!

Maak 12 viskoekies

Bereidingstyd: 40 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

  • 500 g (omtrent 4 mediumgroot) aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 blikkies (170 g elk) tuna, gedreineer
  • ½ ui, baie fyn gesny
  • 15 ml tamatiesous
  • 5 ml sriracha (of ’n paar druppels Tabasco)
  • 30 ml platblaarpietersielie of koljander, fyngekap
  • 30 ml romerige Fransestyl-mayonnaise
  • sowat 125 ml koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • 250 ml droë broodkrummels 
  • 60 ml olie vir vlakbraai

1. Kook die aartappel in soutwater tot sag, dreineer en sit dit dan vir ’n minuut of twee in die pot terug op die stoof om droog te kook. Maak fyn met ’n aartappeldrukker en laat effens afkoel.

2. Voeg die tuna, ui, tamatiesous, sriracha, kruie en mayonnaise by die kapok en geur met sout en peper. Meng deur en vorm nou die mengsel in 12 ewe groot koekies.

3. Druk die viskoekies in die meel en skud die oortollige meel af. Doop dit dan in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels. Verkoel die koekies (as jy genoeg tyd het) vir sowat 30 minute om seker te maak die krummels klou lekker stewig.

4. Braai die koue viskoekies in warm olie tot goudbruin aan albei kante.

Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees