Varkfilet gevul met kaaswors in jou lugbraaier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 6-8 as deel van ’n charcuterie-bord
Gaarmaaktyd: 25-30 minute in jou lugbraaier
Bestanddele
  • 2 - varkfilette (350 g elk), skoongemaak
  • 200 g - Parmaham of prosciutto
  • 15 ml - olyfolie (opsioneel)
  • - VULSEL
  • - korrelmosterd
  • 2 - kaasworsies, ongeveer so lank soos die varkfilette
Metode
Geniet hierdie gevulde filet as dekadente voorgereg wanneer jy gaste onthaal. Sit dit voor in skywe op ’n dienbord saam met koue vleise en kase – en wag die komplimente in!

1 Neem ’n skerp mes en maak ’n snit oor die lengte van die filette, omtrent driekart deur dievleis, en vou dit oop. NB Moenie heeltemal deur die vleis sny nie. Druk die vleis liggies platen geur met ’n bietjie sout en peper.

2 Smeer die varkfilette aan die binnekant met korrelmosterd en sit ’n kaaswors (sny die worskorter indien nodig) op een helfte van elkeen. Vou die vleis oor die wors en draai elke filettoe met ’n sny Parmaham sodat dit ’n netjiese rol vorm.

3 Olie die rolle liggies aan die buitekant, plaas hulle in die lugbraaier se mandjie en braai 20 minute lank by 200 °C. Haal die mandjie uit, draai die gevulde filette versigtig om en braai nog 5-10 minute. Indien jy die vleis warm wil voorsit, laat rus dit sowat 10 minute voor jy ditsny; laat andersins heeltemal afkoel.

4 Om voor te sit Sny die varkvleis in 1 cm-skywe en rangskik dit op ’n dienbord. Sit dit voorsaam met jou keuse van kouevleise, kaas en bykomstighede.

Wenk Vra die slaghuispersoneel om die dun silwer membraan buite-om die filet met hul vlymskerp messe af te sny; dit sal keer dat die filet opkrul terwyl dit gaar word.

Let wel Die gaarmaaktyd kan verskil afhangende van jou lugbraaier en die grootte van die varkvleisrol. Toets die gaarheid van jou filet vóór die gaarmaaktyd om is. Omdat die kompakte binnemate van ’n lugbraaier die hitte gouer by die kos uitbring, word dit vinniger gaar. Indien jy nie ’n lugbraaier het nie en die gevulde varkfilette in jou oond wil gaarmaak, voorverhit dit tot 180 °C en rooster vir sowat 35 minute; draai die vleis halfpad deur die gaarmaaktyd om soos hierbo.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees