1. Geur die varkfilet mildelik met sout en peper. Verhit ’n pan tot lekker warm, voeg die olyfolie by en braai die filet tot oraloor goudbruin. Moenie die vleis te vinnig omdraai nie, gee dit kans om kleur te kry. Braai so omdraai-omdraai vir 8-10 minute. Verf die asyn oor en braai nog ’n laaste minuut of twee tot mooi gekaramelliseer. Haal van die hitte af en laat die vleis rus.
2. Berei die slaaisous deur die gekrummelde bloukaas, suurroom en mayonnaise saam te verwerk met ’n staafmenger tot glad. Proe, en geur met die suurlemoensap, sout en peper. Oordeel of dit nodig is om die sousie bietjie te verdun met die melk.3 Rangskik die blare, tamatie, avokado en ui op ’n mooi dienbord. Sny die filet in dun skyfies en pak bo-op. Drup die slaaisous oor en smul terwyl die vark nog effens warm is.