Varkfilette met appel, heuning en mosterd

akkreditasie
Foto: Ed O'Riley
Foto: Ed O'Riley
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4 porsies
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
Bestanddele
  • 30 ml - botter
  • 75 ml - heuning
  • 15 ml - mosterdsaad
  • - vars tiemietakkies na smaak
  • - gerasperde skil van een suurlemoen
  • 30 ml - appelasyn
  • 4 - varkfilette, elk 200g
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 - appels, in sirkels gesny
Metode
Die soet van die heuning, die geur van die mosterd en die effense soet-suur van die appel saam met die sout van die vleis is ’n smaaksensasie.

Oondtemperatuur: 200°C

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die botter, heuning, mosterdsaad, tiemietakkies en suurlemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte. Verhit dit tot kookpunt en voegdie asyn by. Laat prut totdat dit effens dikker is – dit sal ’n paar minute neem.

2 Sny elke varkfilet in 8 stukkies en verf elkeen met die heuning-en-mosterd-saadmengsel. Geur na smaak met sout en swartpeper.

3 Verhit ’n riffelpan of gewone braaipan oor hoë hitte en braai die filette tot goudbruin reg rondom. Plaas eenkant.

Verf die appelsirkels ook met die heuning-en-mosterdsaadmengsel en plaas die helfte van die appels op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Plaas ’n varkfiletmedaljon op elke appelsirkel en plaas nog ’n appelsirkel bo-op. Verf weer met die heuning-en-mosterdsaadglaseersel en oondrooster dit vir sowat 10 minute. Bedruip weer en oondrooster totdat die varkvleis die verlangde graad van gaarheid bereik het. Sit dit voor met romerige kapokaartappels.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees