
- 1 kg - vellose varklies (“pork belly”) in 1,5cm-stroke gesny
- 1 - pynappel, in blokkies gesny
- 30 ml - olie
- - KOOKVLOEISTOF
- 125 ml - sjerrie
- 125 ml - kookwater
- 1 - steranyspeul
- 5 ml - knoffelvlokkies
- 1 - kaneelstokkie
- 4 - lemmetjieblare
- 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
- 45 ml - heuning
- 80 ml - sojasous
- 80 ml - tamatiepuree
- 4 - takkies tiemie
1. Voorverhit die oond. Sit die varkliesstroke saam met al die bestanddele vir die kookvloeistof in ’n oondpan en bedek met foelie. Rooster vir sowat 2½ uur tot gaar en geurig.
2. Laat afkoel tot hanteerbaar en skep die vleis uit die kookvloeistof. Sny versigtig in happiegroot blokkies en ryg op stokkies saam met die pynappel.
3. Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die stokkies tot goudbruin oraloor. Skep die kookvloeistof by en braai verder tot lekker gekaramelliseer en stroperig. Sit voor met geurige jasmynrys en roerbraaigroente. ’n Strooisel vars koljander is heerlik daarby.