book-icon Uitgawe Augustus 2021

Varklies met Chinese 5 speserye

akkreditasie

1 Gebruik ’n skerp nutsmes en sny dun repies net deur die vark se vel en vetlaag, nie tot in die vleis nie. Vryf nou die vleis en vetlaag oraloor in met die sout, suiker en speserye. As jou tyd dit toelaat, sit die vleis minstens ’n uur of oornag oop op ’n draadrakkie in die yskas. Die koue lug en sout sal die vel uitdroog en sorg vir ’n ekstra bros krakeling. Maak net seker die vleis bereik kamertemperatuur voor dit oond toe gaan. 

2 Voorverhit die oond tot 160 °C, sit die vleis op ’n draadrakkie in ’n oondbak waarin dit knus pas en rooster vir 2½ uur; verhoog die hitte na 200 °C en bak nog ongeveer 30 minute of tot die vel ’n bros en goudbruin krakeling gevorm het. Haal die vleis uit die oond, laat rus vir 10 minute en sny in dun skyfies.

3 Sit dit voor Klits die sojasous, brandrissie en asyn saam en drup dit oor die vark. Plaas ’n hopie gaar bok choy, ’n hopie boontjiespruite en koljander op elke pannekoek, gevolg deur ’n paar repies geurige vark. Vou toe en sit dit voor met die soet rissiesous of pruimsous daarby. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees