
- 30 ml - heuning
- - GLASEERSEL
- ’n knyp - rissievlokkies
- 1,5 kg - ontbeende varklies, vel verwyder (sien kassie)
- 100 ml - wit balsemiekasyn
- 5 ml - elk vinkel- en koljandersaad, gerooster
- 250 ml - kookvloeistof
- 3 - knoffelhuisies, gekneus
- ’n skeut - vissous (opsioneel)
- 15 ml - worcestersous
- - KOOKVLOEISTOF
- 1 - klein ui, grofgekap
- sowat 15 ml - olyfolie
- 3 - takkies origanum
- 500 ml - natuurlike soet wyn
1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny die varklies in kwarte en pak knus in ’n oondpan. Voeg die kookvloeistof-bestanddele by, maak toe met ’n deksel of foelie en rooster vir 3 uur.
2 Haal die varkvleis uit die oond en laat dit afkoel. Lig die vleis uit die kookvloeistof (dié gooi jy deur ’n sif en hou eenkant) en sit dit op ’n bord wat met kleefplastiek uitgevoer is. Bedek met nog ’n laag kleefplastiek en sit nog ’n bord of ’n kapplank bo-op; druk dit verder plat met blikkieskos. Verkoel dié stapel oornag.
3 Maak die glaseersel Meng al die bestanddele in ’n klein kastrol en laat dit kook oor hoë hitte; roer totdat dit met die helfte ingekook het.
4 Glaseer die varkvleis Sny elke platgedrukte vleiskwart in drie stukke sodat jy 12 stukke het. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die varkvleis tot oraloor bruin. Smeer met die glaseersel en soteer tot gekaramelliseer.