Varkrepe met whisky en vye

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: sowat 20 minute
Bestanddele
  • 30 ml - botter
  • 15 ml - olyfolie
  • 8 - dik, gerookte varkrepe (“rashers”)
  • 15 ml - appelkooskonfyt
  • 4 - sagte droëvye, gesny
  • 2 - takkies roosmaryn
  • 30 ml - whisky
  • 4 - vars vye as garnering
Metode
Gerookte vark smaak vorentoe met ’n soet sousie en die botterige vyeverleiding verfris ’n ou gunsteling. Jy kan ook dun spekrepe in die resep gebruik en dit in croissants voorsit vir ’n dekadente ontbyt.

1 Smelt die botter en olyfolie saam in ’n dikboompan en braai die varkrepe met die vetkant eerste en dan alkante tot mooi goudbruin. Neem jou tyd en maak seker die vleis kry ’n mooi kleur. Geur met sout en peper maar onthou, gerookte vark is geneig om reeds sout te wees.

2 Roer die konfyt, droëvye, roosmaryntakkies en whisky by die vleis en laat karamelliseer tot stroperig en deurgaar. Verwyder die heel kruie en garneer met die vars vye. Op dié manier is die smaak van die roosmaryn lekker subtiel. Dit maak ’n heerlike ete saam met gestoomde rys.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees